In die afgelope paar jaar het God ons gemeente gelei om nie net vir mekaar om te gee nie, maar ook aan die gemeenskap waarbinne ons bly, iets van God se Sagte hart te wys en van sy Lewende water te laat drink. Dit moet ons doen sodat sy Lig helder in almal se lewens kan skyn.

Omdat ons ‘n geloofsfamilie is wat glo dat God ons stuur om mekaar en die omgewing te ondersteun, glo ons dat God ons ook roep om ons energie in die volgende sake te sit:

  • Geestelike groei van individue en families.
  • Sorg aan mense wat fisies en geestelik seergekry het
  • Vernuwing in die gemeenskap
  • Opleiding vir die gemeente en die gemeenskap.
  • Gasvryheid.

Daarom sal jy sien dat die volgende mense by ons tuis voel:

  • Mense wat stoei op hulle geloofsreis met God
  • Mense wat weet dat hulle nie perfek en volmaak is nie
  • Mense wat al êrens seergekry het
  • Mense wat glo dat God ons roep om ‘n verskil in ons gemeenskap te maak
  • Mense wat sommer net in die bosveldatmosfeer wil kom rus en skoene uitskop