Die Familiekerk NG Kameeldrif is geleë in die Noord-Ooste van Pretoria. Hier sal jy meer as 1000 mense vind wat saam aanbid, wat op verskeie maniere vir mekaar omgee en sorg. Ons steek ook ons hande uit na die gemeenskap rondom ons. Ons sien onsself as 'n familie, en families is vir ons baie belangrik, daarom praat ons graag van onsself as 'n Familiekerk.
Dr. Roelf Opperman lei Sondag Kameeldrif se erediens in die kerkgebou om 09:00.
Die diens sal steeds beskikbaar wees om na te kyk indien jy nie die diens in die kerk kan bywoon nie.
Kliek Sondag enige tyd vanaf 06:00 om by die diens in te skakel:
Ons gaan vir die volgende paar weke elke Maandagaand om 18:30 'n Dieper Delf ZOOM byeenkoms hou om die preek van die vorige Sondag te bespreek. Jy is welkom om Maandagaande in te skakel as jy enige vrae oor die preek het of as jy sommer net saam wil luister hoe ons nog dieper in die teks delf. Jy kan die volgende skakel gebruik om Maandagaand 18:30 by die ZOOM byeenkoms in te skakel:
Tyd: 8 Maart 2021 18:30
https://us04web.zoom.us/j/5792054288?pwd=TGJlcmlQaDUrT013OWJlZzhaWHBBQT09
Meeting ID: 579 205 4288
Passcode: inpW9j
Ons begin Sondag, 7 Maart met ons eredienste in die kerkgebou.
Daar sal tot verdere kennisgewing slegs een erediens om 09:00 wees. Ons gaan ook steeds voort om die dienste aanlyn uit te saai.
Die Roodeplaat MTB Challenge is as gevolg van die Covid-19 virus uitgestel tot verdere kennisgewing.
Dankie dat ons bediening hier in Kameeldrif steeds vir jou belangrik is en dat jy dit ook finansiëel ondersteun. Moet asseblief ook nie ophou om vir ons te bid nie.