Groei in jou geloof met ons kleingroepe


Dr. Willem Pretorius sal voortaan die volgende twee kleingroepe lei:

  • Die groep vir alle mans ouer as 50 jaar: Die manne kom nou elke Donderdag om 08:00 in die konsistorie bymekaar.

"Ons gebruik ons teologiese bril om oor allerlei aktuele sake te gesels."

  • Die Nehemia Bybel-studiegroep kom ook elke Donderdag bymekaar, maar dié geleentheid vind om 10:30 in die konsistorie plaas.

"Ons kuier en gesels saam oor Stephan Joubert se boek, God se wil vir jou lewe. Almal is welkom" sê dr. Willem. "Vir elke persoon is hier 'n spesiale plek om te leer, te groei, te dien en saam te beleef!

Dinsdae 09:00

Hekel/Brei Kuiergroep - Café Kremetart / Adele Joubert 0827245531

Woensdae 07:30

DKW Mansgroep/ Café Kremetart - Arnold Nortje 0832885138

Woensdae 18:00

Koffie Kletsers groep vir na-skoolse jongmense - kom Woensdagaande bymekaar  Jurgens 071 373 4164

Donderdae 08:00

50+ Mannegroep/ Konsistorie /Dr Willem 083 560 6668

Donderdae 10:30

Nehemia Bybelstudie/ Konsistorie /Dr Willem 083 560 6668

 

Donderdae 08:30

“Naughty Forties” Vrouegroep/ Green Olive / Karien 0609637566

Vrydae 07:45 (elke 2de Vrydag)

Bushmans Rock /Klub 100 Manne/ Pieter Espag 0824583894

 

Hierdie groepe klets 'om' koffie

Op Woensdaeaande om 18:00 kuier 'n groep naskoolse jongmense by Café Kremetart saam; dié groep staan as die Koffiekletsers bekend. Vir meer inligting of om betrokke te raak,skakel gerus vir Jurgens (071 373 4164) of ds. Drian (084 608 2859).

Familiekerk NG Kameeldrif se hekel- en breigroep kom ook weekliks (elke Dinsdag om 09:00) by Café Kremetart bymekaar. Adele Joubert (082 724 5531) staan aan stuur van (naaldwerk)sake en sien uit om nuwe lede te verwelkom.

 

Vrydae 07:45

Vrouegroep/ Café Kremetart/ Annette 082 448 9119

 

© Copyright Familiekerk NG Kameeldrif