Ons hou verskillende tipes eredienste om op verskeie maniere mense te help om van die Lewende Water te drink.  Christus noem Homself die Fontein van die Lewe - wie van die water drink sal nooit weer dors kry nie.  Mense het die Lewende Water nodig om God te ontmoet, geestelik te groei, krag vir hulle daaglikse omstandighede te kry en om toegerus te word om as gelowiges in die wêreld te lewe.

Ons hou die volgende eredienste

  • Klassieke erediens – Dit is ’n tradisionele erediens in die kerk om 08:00 waar ons van orrelmusiek en Christelike simbole gebruik maak om die ontmoeting met God te fasiliteer. 
  • Familiediens – Dit is ‘n meer informele erediens in die kerk om 10:00 waar families op ’n ontspanne manier na die Woord luister, saam gesprekke voer en na meer kontemporêre musiek luister.
  • Kleuterkerk - Ons kleuterkerk is Sondae in die skoolkwartale om 10:00. Dit is net vir die outjies voor skool.  Ons hou die diens in ons kleuterlokaal agter die saal.  Mammas wat hier betrokke wil raak is baie welkom om te kom aanmeld.
  • Tydens skoolvakansies en langnaweke hou ons net EEN erediens om 09:00.
  • Die gebedstuin agter die saal is enige tyd beskikbaar vir iemand wat net wil gaan stil word en met die Here gesels.