Dieper Delf Bybellees

Kameeldrif nooi elke jaar 'n kundige of twee uit om ons Dieper Delf Bybellees kursus te kom aanbied.  Hierdie jaar het ons drs. Deon Strauss van Rustenburg genooi om oor die brief Efesiërs met ons te kom praat. Hierdie besonderse geleentheid word in die vorm van 'n webinaar aangebied op die volgende drie datums tussen 18:30 en 19:30:

  • 21 Julie
  • 28 Julie 
  • 4 Augustus

Koste om die webinaar by te woon is 'n eenmalige bedrag van R50.00.  Sodra ons jou inskrywing ontvang het, stuur ons vir jou die skakel om die webinaar by te woon.  Al drie die geleenthede word ook opgeneem sodat jy later ook op jou eie tyd daarna kan kyk. 

Drs. Strauss het pas gepromoveer oor die brief Efesiërs en beskik tans oor die jongste navorsing oor hierdie interessante brief van Paulus. 

Registreer hier:

Hiermee registreer ek vir die Dieper delf webinaar oor Efesiërs.

Nadat inskrywingsvorm voltooi is, kan betaling gemaak word deur op die "buy now" knoppie hier onderte druk.
* Hoeveelheid kaartjies