As jy een is vir lekker Bosveld gasvryheid, ongelooflike kos, stap en kuier in die vars lug hou, is dié een vir jou! Kom geniet Saterdag 28 Mei ‘n fees vir jonk en oud saam by die Kameeldrif Bosveld Kuierfees, gehou by die NG Familiekerk Kameeldrif, slegs ‘n paar kilometer vanaf Sefako Makgatho rylaan, net om die hoek van die bekende Kievits Kroon Landgoed.

Dié groot kuier skop al Vrydagaand 27 Mei af met wegneem vetkoek en maalvleis saammet swepe vermaak.

Saterdagoggend kan smulpape verder weglê aan pannekoek (die beste in Pretoria!), worsrolle, Kerrie en rys, stokworse, en allerhande tuisgebak. Moet ook nie ons kwaliteit vleistafel met bekostigbare pryse vergeet nie.

‘n Verskeidenheid boeke, plante en snuffelgoed sal ook te koop wees, en moenie die tombolatafel, spookhuis, hanswors en veiling vergeet nie. Daar is 09:00 die oggend ‘n ‘Kuierfees stap’ met roetes van 2.5km en 5km.

Hierdie is een van die jaarlikse geleenthede in en om Pretoria wat jy en jou familie miskien vir die eerste keer bywoon as vreemdeling, maar waarheen jy weer en weer sal teruggaan, as vriend. As jy al orals was, kom kyk hoe moet daar eintlik gekuier word! Kom ervaar die lekker van twee weke vakansie in een propvol dag en ondersteun ons stalletjies.

Vir meer inligting oor die Kuierfees, kontak ons by 0127564223 / info2@kameeldrif.org

 
 
 
 
 
VEILING SATERDAG 12:00
PRETPARK VIR DIE KINDERS MET GROOT VERSKEIDENHEID SPELETJIES