Geen Virus gaan ons Vrouekonferensie onder kry nie!!! As ons nie by in die openbaar bymekaar kan kom nie, kom ons oor die internet bymekaar.
Daarom gaan ons voort met ons Vrouekonferensie - welliswaar nou korter en teen halfprys! (Net R60.00)
So gaan dit werk:
Jy kliek op die Buy Now knoppie hier onder om jou kaartjie te koop.
Die knoppie gee jou 'n opsie om 'n EFT betaling te doen of om met jou kaart te betaal. Sodra jy klaar betaal het vul jy die vorm met jou naam en jou kontaknommer in. Dit is baie belangrik dat jy die besonderhede invul sodat ons vir jou die skakel na ons konferensie kan stuur. Ons gaan ook die name aan die einde van die konferensie gebruik vir 'n paar gelukkige trekkings van geskenke wat ons borge vir ons gegee het.
Saterdagoggend van 08:50 af kan jy begin inskakel. Ons konferensie begin dan 09:00. Dit duur dan tot ongeveer 10:15.
Bang om die Buy Now knoppie te druk? Skryf dan op die ou Boeremanier in:
Het jy klaar betaal en sukkel jy om by die vrouekonferensie in te skakel? Kliek dan op die knoppie hier onder