Lewende Water is Kameeldrif se weeklikse boodskap wat aan die begin van elke week aan al ons lidmate gestuur word.  As jy die boodskap wil ontvang moet jy ons kerkkantoor se nommer op jou foon stoor:  076 554 5031.    Daarna moet jy 'n WhatsApp na die nommer stuur waarin jy versoek om die Lewende Water te ontvang

Die week se Lewende water - 17 September 2023

Meeste ouers is net so gelukkig soos hul ongelukkigste kind. Miskien vind jy aanklank by die woorde? Ja, ouerskap is beslis nie vir sissies nie! Die een oomblik is dit die mees bevredigendste rol van jou lewe en die volgende oomblik laat dit jou soos ‘n reuse mislukking voel.

Die Bybel leer ons dat gesonde ouerskap, by ‘n verhouding met God begin. ‘n Lewende verhouding met God (die volmaakte Pa), rus ons toe om beter ouers te wees (Deut. 6:4-9).

Dankie tog ons is nie op onsself aangewese wanneer dit by ouerskap kom nie. God help ons hiermee. Besef jy dat God jou kind selfs liewer het as wat jy hom of haar liefhet. Jou kind behoort in die eerste plek aan God.

Wees onvoorwaardelik lief vir jou kinders. Leef jou geloof voor hulle uit en vertrou dat God jou kinders se toekoms in Sy hand hou!

Liefde
Liesel xx