Belydeniskamp by Magaliesberg Jeugkampterrein
Vrydag, 23 September tot Sondag, 25 September

 

Ons gemeente hou jaarliks ‘n kamp vir belydenisklas katkisante waartydens die kerkraad se toelatingskommissie die katkisante                individueel ontmoet. Hierdie jaar vind die kamp by Magaliesberg Jeugkamp. https://www.facebook.com/magaliesbergjeugkamp

Vervoer: Ouers bring die katkisante self na die terrein op Vrydag kom haal hulle weer Sondag 10:00.

Ons sal Vrydag vanaf 16:00 op die terrein wees om die kinders te ontvang.

* Kostes: R 600 per persoon. 
Wat moet jy saambring
  • Slaapsak of beddegoed, kussing – daar is gemaklike beddens
  • Eetgerei – bord, beker, mes, vurk & lepel
  • Gemaklike klere – onthou iets warm vir die aande
  • Pen of skryfding
  • Muskietgoed
  • Swemklere
  • Musiekinstrumente bv. kitaar, pyporrel, ens.
  • Biltong vir die dominee

 NAVRAE:   Jy is welkom om ons te skakel as jy nog enige inligting i.v.m. die kamp wil hê.   

  • Oom Roelf Opperman - 082 335 1156      
  • Kerkkantoor - 012 756 4223 

 

Inskrywingsvorm

Hierdie vorm moet deur die katkisant ingevul word

Merk wat op jou betrekking het:



Kampgeld





Borg 'n vriend


Onthou om vir die rekenaar te oortuig dat jy nie 'n robot is nie en om daarna die stuur-knoppie te druk:

Vrywaringsvorm

Hierdie vorm moet deur een van jou ouers ingevul word

gee hiermee toestemming dat my kind die Belydeniskamp totaal op eie risiko mag bywoon, en ons vrywaar die FAMILIEKERK NG KAMEELDRIF of kamppersoneel van enige aanspreeklikheid hoegenaamd ten opsigte van beserings of ongelukke wat my kind mag opdoen, en enige gevolge wat daaruit mag voortspruit. Sover ek weet verkeer my kind in ‘n goeie gesondheidstoestand en was nie die afgelope maand in aanraking met enige iemand wat die COVID-19 virus opgedoen het nie.

Die volgende word in geval van mediese- of hospitaalbehandeling benodig.

Betaal-opsies:

Jy kan die Pay Now knoppie hier onder gebruik om 'n EFT te doen of om met 'n kaart te betaal.  

* Vir hoeveel katkisante betaal jy?

As jy nie die knoppie hier bo vertrou nie, kan jy direk in die volgende rekening inbetaal:

  • NG Kameeldrif
  • ABSA Tjek 1430580104
  • Verwysing: Kamp + Kind se naam