Home Wie is ons Ons droom...

In die afgelope paar jaar het God ons gemeente gelei om nie net vir mekaar om te gee nie, maar ook aan die gemeenskap waarbinne ons bly, iets van God se sagte hart te wys en van sy Lewende water te laat drink.  Dit moet ons doen sodat sy Lig helder in almal se lewens kan skyn.

 

Omdat ons ‘n familie is wat glo dat God ons stuur om  mekaar en die omgewing te ondersteun, glo ons dat God ons ook roep om ons energie in die volgende sake te sit:

 

1.  Geestelike groei van die lidmate (individue en families).

2.  Sorg aan lidmate wat fisies en geestelik seergekry het (Familiekliniek).

3.  Vernuwing in die gemeenskap (Gemeenskapsbetrokkenheid).

4.  Stigting van ‘n opleidingsentrum vir die gemeente en die gemeenskap.

5.  Opgradering van ons fasiliteite.