Home Wie is ons Familiekerk

Kremetart

 

Nie net vertoon die inwoners van die gebied ’n interessante verskeidenheid nie maar is daar ook ’n verbondenheid en verantwoordelikheid veral ten opsigte van hul families.

In die laaste aantal jare het die wat leiding neem toenemend besef en dit ook hardop begin sê; “Ons kan nie net fokus op ’n jeugbediening waar die ouers nie ’n rol speel nie, ons moet ons families saam met ons vat”. Dit is so belangrik; omdat dit ons ouers is wat die kinders rond ry, vir hulle wag en ondersteun. Families het in die laaste jare toenemnd ’n fokus, toegang en hulp in ons bediening begin word.

Die omgewing het begin verander en meer families het in die gebied begin intrek wat weer ‘n uitdaging op infrastruktuur,  laerskole en hoërskole, laat toeneem het. 

In die gemeente bediening het die verantwoordelikes besluit om die familiebediening uit te bou. Daar is besluit om vir eers net te fokus op die toerusting van ons families. In die omgangstaal het ons begin praat van ‘skills development’. Daar is ’n toerustings program vir elke lewensfase van ’n familie ontwikkel en ge-implimenteer. Paartjies wat wil trou, getroude pare, ouers met kinders almal kon inskakel in een van ons programme.  Letterlik honderde ouers is die laaste jare deur ons ouerleiding programme.

In gesprekke wat in die kerkraad en ook ander plekke gevoer is het ons telkemal herbevestig dat familie bediening en die programme wat ons implemeneeter nie net gaan oor die stoele op die dek van die boot nie. Stoele wat ons na willekeur rondskuif nie maar dat ten grondslag van dit wat ons doen, ’n familie teologie is. Hierdie familie teologie help ons die beeld van families in die OT en NT verstaan, en dit vir vandag kontekstualiseer. Hier speel die huistafels soos ons dit aantref in Ef en Kol byvoorbeeld ’n belangrike rol.

Die logiese volgende tree in ons familiebediening was om te vra hoe help ons families wat seer het. Hoe help ons hulle in hule lewensreis. Die gedagte wat begin groei het was om ’n familiekliniek te begin waar ons hulp aan families kan bied in hul reis. Tans bestaan die terapeutiese span wat betrokke is by die familiekliniek uit ‘n verskeidenheid van professionele mense; ‘n predikant, sielkundige, gesinsadvokaat, maatskaplike werker en opvoedkundige.