Ons omgang met die Bybel is vir ons baie belangrik, maar in dieselfde asem moet ons byvoeg dat verantwoordelike omgang met die Bybel vir ons belangrik is. Ons glo dat dit nie net predikante en teoloë is wat met die Bybel moet besig wees nie, maar elke lidmaat van die gemeente, die gemeente is immers onder andere 'n gemeenskap wat saam die Bybel interpreteer. Daarom bied ons ook twee maal per jaar 'n kort Bybelskool van 'n paar weke lank aan.
Tydens die Bybelskool sal ons fokus op een van die Bybelboeke wat gedurende die jaar in die preke behandel word, en inligting oor die agtergrond van die betrokke boek gee, asook saam gesels oor hoe ons verantwoordelik lees aan hierdie boek. Die volgende is die tipe vrae wat jy kan verwag om meer van te hoor tydens die Bybelskool:
- Wie het die boek geskryf?
- Wanneer is die boek geskryf?
- Vir wie is die boek geskryf?
- Wat die die groot temam uit die boek?
- Hoe het die wêreld gelyk waarin hierdie boek geskryf is?
- Hoe kan ons vandag sin maak van hierdie boek?