Home Toerusting

Ons bied jaarliks die volgende groeigeleenthede aan:

  • Huweliksgroeinaweek waar egpare op ’n ontspanne manier leer hoe om hulle mooi huwelik nog mooier te maak
  • Huweliksvoorbereidingsklasse – vir almal wat in die huwelik wil tree
  • Ouerleidingskursus – om jou toe te rus om in vandag se tye ouers te wees soos God dit wil.
  • Leierskapsopleiding vir persone uit agtergeblewe gemeenskappe.

Basiese teologiese opleiding

Ons glo dat ons die Goeie Boodskap van God se Woord nie net vir onsself mag hou nie. In ons omgewing is daar verskeie inheemse kerkies wat onder bome kerk hou wat ons graag sal wil help. Die predikers wat hier optree is gewoonlik baie entoesiasties maar het nie baie teologiese kennis nie. Ons wil ’n opleidingsentrum stig wat hierdie predikers kan oplei in prediking, gemeentebou, pastoraat en jeugwerk om dit weer tussen hulle eie mense te gaan toepas. Op hierdie manier glo ons maak ons ’n verskil nie net in hulle lewens nie, maar ook in ons gemeenskap en land. Vir hierdie proses vat ons hande met die Sentrum vir Kontekstuele bediening by die Universiteit van Pretoria.