

Die menslike figure in die embleem stel 'n familiekerk voor waar oud en jonk mekaar akkomodeer deur mekaar se hande vas te hou.
Die blou waterdruppel stel die Lewende Water voor. Hier word jy gevul met die Lewende Water van God se Woord. Die donker skakering van blou/pers word geassosieer met geestelikheid. Blou-pers dui wysheid en koninklikheid aan (1 Pet 2:9).
Tannie Magriet du Preez het die appliek kunswerk wat heel agter in ons kerkgebou hang, gemaak.
Die groen hart dui iets van die deernis en sagtheid aan wat ons vir mekaar en vir die wêreld het. Groen is 'n simbool van varsheid, nuwe lewe en genesing (2 Kor 6:17).
Die geel lig wys op ons sending opdrag om helder ligte vir die wêreld te wees. Geel dui op lig, warmte, blydskap en beweging (Ef 6:8,9; Mt 6:14-16; Fil 4:4).
Die wit in die embleem dui op reinheid, suiwerheid en vlekkeloosheid (Fil 1:10,11; Op 3:6).
Lewende water, sagte harte en helder ligte...