Ons glo dat ons as gemeente “gestuur” is – wat beteken dat ons geroep is, deur die Bybel gevorm word, afhanklik van die Heilige Gees lewe en dat ons as gemeente mense herinner aan God se heerskappy. Daarom probeer ons om werklik vir ons omgewing iets te beteken. Dit doen ons onder andere deur op die volgende te fokus: Trauma-bediening vir die omgewing:
Ons gemeenskap word die afgelope tyd deur misdaad geteister. As gemeente reik ons uit na ons gemeenskap deur die volgende dienste te lewer:
- Krisissentrum : Ons is betrokke by die krisissentrum by die polisiestasie waar ons persone wat deur trauma gegaan het, ondersteun en die spanning ontlont.
- Ondersteuningsgroep(e): Ons vestig van tyd tot tyd terapeutiese ondersteuningsgroepe vir persone wat deur trauma getref is.
- Netwerkvorming: Ons vat hande met bestaande ondersteuningsdienste in ons gemeenskap om die veiligheid van ons mense verseker.
- Polisiebemagtiging: Die polisie en veiligheidsmagte doen ’n ondankbare werk. Van ons gemeente se kant af help ons om hulle te ondersteun en te bemagtig.
- Opleiding: Klasse word aangebied om die mense van die omgewing te leer om veiligheidsbewus te word en hulself goed te beskerm.
Deernisbediening
Ons glo ook dat God ons roep om ons gemeenskap te verander deur ons Deernsbediening. Dit is nie maar toevallig dat ons gemeente juis in die Roodeplaat omgewing is nie. Ons glo dat God ons na ons omgewing toe stuur om met sagte harte ’n verskil in mense se lewens te maak. Daarom is ons onder andere betrokke by:
- Huis 17 van Jakaranda Kinderhuis.
- Huis Blymoedig – ’n geriatriese kliniek in ons omgewing. o Via Nova skool vir serebraal gestremde kinders. o Die polisiestasie waar ons die polisie ondersteun.
- Plot 175 – ’n plakkerskamp waar ons ’n werkskeppingsprojek het.
- Baviaanspoort gevangenis waar ons gevangeniswerkers gereeld dienste gaan hou.
- ’n Kos en klere projek waar ons mense wat in nood is bystaan.
- Die Poort Laerskool deur broodjies te maak vir kinders wat sorgbehoewend is.
- In samewerking met die CMR die Leeuwfontein laerskool help met ’n groentetuin en rekenaarprojek.
- VIGS bybelstudiegroep vr swart vroue. Dit is vir ons ’n voorreg om met ons tyd, talente en geld by hierdie sake betrokke te wees.
