Home Geestelike Groei Eredienste Klassieke erediens

Tyd: 9:00 Sondag oggende

Plek: Kerkgebou

Hoekom klassieke eredienste?

In die klassieke erediens erken ons 'n tipe spiritualiteit wat aanklank vind by 'n rustige en gestruktureerde liturgie, asook diepgaande prediking. Dit is nie 'n "outydse" erediens of 'n "oumens" erediens nie. Ons maak gebruik van klassieke musiek en 'n tap uit die lang tradisie van Gereformeerde eredienste, maar klee beide erediens asook liturgie met 'n inhoud wat vandag relevant is. Klassiek beteken dus nie dat ons nie verander, of kerk hou soos in die "goeie ou dae" nie, maar wel dat wanneer ons dink oor God vandag, ons erediens tradisie ons kan help hiermee.

Wie sal hier tuis voel?

As jy jou daarvan om Sondag oggend in die kerk in te stap en 'n gewyde en rustige atmosfeer te beleef, om deur hoofsaaklik orrel-begeleiding in die musiek tydens die erediens begelei te word, en om te aanbid deur deel te neem aan gestruktureerde liturgiese momente, sal hierdie erediens waarskynlik die plek wees waar jy gemaklik sal voel.