Familiediens

Elke Sondag om 09:00 in die skoolkwartaal hou ons ‘n familiediens in die kerksaal.  Die erediens is ’n ontspanne erediens met ’n informele karakter.  Die sang word deur ‘n “band” begelei en ons sing Afrikaanse en Engelse liedere.  Die diens word so saamgestel dat die kinders direk na die diens in gespreksgroepe kan verdeel en die inhoud van die diens onder leiding van ’n jeugmentor gaan bespreek.  Ons probeer ook om die verhaal van die Bybel sistematies en visueel deur te werk.  Persone wat tuis sal voel in hierdie erediens is almal (oud en jonk) wat meer demonstratief-emosioneel iets van God se teenwoordligeid wil ervaar.