Familiekerk NG Kameeldrif

Hier kry jy Sagte Harte, Helder Ligte en Lewende Water

Home Geestelike Groei Eredienste

Eredienste

 

Ons hou verskillende tipes eredienste  om op verskeie maniere mense te help om van die Lewende Water te drink. Christus noem Homself die Fontein van die lewe - wie van die water drink sal nooit weer dors het nie.  Mense het die Lewende Water nodig om God te ontmoet, geestelik te groei, krag vir hulle daaglikse omstandighede te kry en toegerus te word om as gelowiges in die wêreld te lewe.

Ons hou die volgende eredienste

  • Klassieke erediens – Dit is ’n tradisionele erediens in die kerk waar ons van orrelmusiek en Christelike simbole gebruik maak om die ontmoeting met God te fasiliteer.
  • Informele erediens – Dit is ‘n  Familiediens  in die saal waar families  op ’n ontspanne manier na die Woord luister, saam gesprekke voer en na meer kontemporêre musiek luister.
  • Vroegaand Skemerdiens in die gebedstuin of in ’n intiemer vertrek waar die Lewende Water deur stiltes, Skriflesing en eenvoudige liedere wat herhaal word, gedrink kan word.

Nuwe Lidmate

Lidmate van die gemeente trek oor die algemeen gemaklik aan na eredienste. Die Klassieke erediens neig om meer formeel en die Loslit erediens om meer informeel te wees.

Na die Sondag oggend eredienste ontmoet nuwe lidmate vir Deon Viljoen in die konsistorie.