Home Familiekliniek Kamcare Familiekliniek

 - ‘n reis na vrede

 

  1. Hoekom sal ek die kliniek besoek?

Hier by die familiekliniek kan jy professionele hulp kry, weer hoop ontdek, gesond word en geestelik groei. Gesinne en individue kan kom aanklop vir hulp met sake soos die volgende:

o       Geloofsvrae

o       Gesinskrisisse

o       Hersaamgestelde gesinne

o       Egskeidingsbemiddeling

o       Familieregtelike aangeleenthede

o       Heel word na trauma

o       Individuele terapie

o       Worsteling met seksuele oriëntasie

o       Vrae en inligting rondom aanneming

o       Substansafhanklikheid

o       “Life coaching”

o       Tienerberaad

o       Depressie, stress en spanning

o       Geestelike leegheid

o       Regsimplikasies tov gesinsgeweld

o       Opvoedkundige probleme

o       Kinders wat sukkel met leer en lees

 

  1. Wie mag die kliniek besoek?

Almal is welkom om van die dienste gebruik te maak.  Dit is nie net beperk tot NG lidmate nie.

 

  1. Waar is die familiekliniek?

Die familiekliniek is agter die saal-kompleks van die Familiekerk NG Kameeldrif. Maak van die ingang by die gebedstuin gebruik.

 

  1. Wat kos dit?

Vir betaling kies jy een van drie opsies:

a) Gratis vir persone wat nie kan betaal nie

b) Professionele fooi van konsultant

   Pastorale en maatskaplike werk:

   R180-00  - individu

    R230-00 - gesinne

c) Betaal wat dit vir jou werd was (gewoonlik word persone wat nie kan betaal nie hieruit gesubsidieer) 

  1. Wat is die kliniek se besoekure?

Die kliniek word nie heeldag beman nie.  Ons werk tans net op afsprake.

 

  1. Hoe konfidensieel is my besoek werklik?

Die persone wat by die kliniek diens doen is verbind tot vertroulikheid.  Geen saak sal sonder die klient se toestemming met iemand anders bespreek word nie

 

  1. Wie is almal betrokke by die kliniek?

Die kliniek staan onder die leiding van dr Roelf Opperman wat ook as pastorale gesinsterapeut daar dienste lewer.  Verder het ons die dienste van Marna Dreckmeyer-Meiring, ’n kliniese sielkundige, Cerita Joubert, ’n advokaat wat veral mediasie werk gedoen en Antoinette Opperman, ‘n opvoedkundige. Martie Booyse tree op as Maatskaplike werk konsultant.