Ons gemeente het ’n Familiekliniek gestig om mense in verskillende vorms van nood by te staan. Die dienste van ’n kliniese sielkundige, maatskaplike werker, gesinsterapeut, opvoedkundige en advokaat is by die Familiekliniek beskikbaar. Gesinne en individue kan kom aanklop vir hulp met sake soos die volgende:
- Geloofsvrae
- Gesinskrisisse
- Egskeidingsbemiddeling
- Ondersteuningsgroepe
- Ontlonting na trauma
- Individuele terapie
- Leerprobleme
Ons het die kliniek gestig omdat ons glo dat mense wat swaarkry alle moontlike steun nodig het. Hier kan hulle hulp kry, weer hoop ontdek, gesond word en geestelik groei.
Familiekliniek