Kliek op die onderstaande skakels om daagliks by ons Pinksterdienste in te skakel.
Die skakel sal jou na Familiekerk NG Kameeldrif se YouTube-kanaal neem waar jy by die erediens kan inskakel. Die video begin vanself.
Dr. Willem Pretorius lei die dienste. Die jaar se Pinkster tema is - "Skep moed ons leef nie meer in die skadu van die kruis nie maar in die lig van die opstanding."
Sondag oggend : Skep moed want Christus sal ons red. Openbaring 1: 7
Vraag om oor te dink: Dink aan voorbeelde wat jy in die advertensiebedryf en politieke kommentaar sien en hoor wat jou moedeloos maak en laat wonder oor die toekoms? As dit jou moedeloos maak en ons weet dat dit ons moedeloos maak hoekom kyk en lees ons dit nog?
Sondagaand: Skep moed …. Want my geloof is sterk genoeg. Habakuk 1:2-4 en 2:2 en3
Vraag om oor te dink: Daar moet altyd ‘n gesonde spanning wees tussen jou veiligheid en Christus wat jou beskerm
Dink jy dat mense, jou vriende te veel aandag gee aan ‘n “etiek van veiligheid” Kan jy voorbeelde noem van waar en hoe die veiligheidskultuur, lewens en verhoudings verwoes het. Dink jy jy gee te veel aandag om altyd veilig te wees? Dink hier nie net aan jou fisiese veiligheid nie maar ook hoeveel jy spaar, oefen en werk.
Maandag: Skep moed want ek ontvang Matteus 4:1-11
Vraag om oor te dink: Maak ‘n lys van dit wat jy die afgelope tyd ontvang het. Skryf materiële sowel as ander goed neer. Hoe lyk jou lys?
Dinsdag: Skep moed … want ek kan nog gee Matteus 6:19
Vraag om oor te dink: Glo jy dat daar so iets is as om te veel bymekaar te maak? Indien wel hoe weet jy dat jy daardie punt bereik het. Dink jy dat die goed wat jy bymekaar maak gaan keer of jou gaan beskerm teen die gevare van die toekoms? Is dit dalk die rede dat jy moeiliker jou goed met ander deel?
Woensdag: Skep moed …want almal gaan deur dieselfde goed Openbaring 22:6 en7
Vraag om oor te dink: Dink jy daar is nooit ‘n einde nie maar altyd ‘n nuwe begin? Skryf neer, waar jy dit beleef het.
(Jy kan eers Sondag vanaf 06:00 by die diens inskakel)
Sondag : Skep moed ... al gaan die deur net op 'n skrefie oop. 1 Korintiërs 16:5-12
Ds. Schalk Mouton het altyd gesê: "As dit om jou donker word moet jy nie spartel nie. Jy moet doodstil gaan staan om te kyk van watter kant die lig kom."