Die Covid-ramptoestand is op 5 April 2022 opgehef. Sekere regulasies bly egter nog vir 30 dae van krag. Sien die Staatskoerant van 4 April 2022 vir die nuutste regulasies: PDF
Wat eredienste aanbetref, is die volgende steeds van krag:
Die getal mense in ’n erediens of ander byeenkoms is beperk tot 50% van die kapasiteit van die gebou, met ’n maksimum van 1000. Geen bewys van inenting of toetse is nodig nie.
Groter kerke wat meer as 1000 mense wil huisves is beperk tot van die 50% kapasiteit van die gebou en bewys van inenting, of ’n negatiewe toets gedoen in die voorafgaande 72 uur moet gewys word.
Maskers is nie meer nodig in die buitelug nie, maar moet steeds binnenshuis gedra word en ’n sosiale afstand van een meter moet gehandhaaf word.
Die opneem van bankkollektes en bediening van nagmaal kan voortgaan soos voor die inperking.